Alles Omtrent Ons

Wie is Springbok Radio.

Ons bestaan:

Op 27 Augustus 2013  het Springbok Internet Radio die lig gesien. Die afgelope twee jaar het Springbok internet Radio geweldig gegroei en is op baie mense se lippe. Op 28 Augustus 2013 het Springbok Internet Radio amptelik begin met vol uitsendings elke aand. Ons het wonderlike omroepers wat lojaal is en passievol is oor hulle uitsendings. Dit is lekker om as ‘n span saam te werk. Ons programme begin reeds 07h00 soggens en sluit eers om 22h00 saans. Die omroepers bied ‘n verskeidenheid van programme aan om aan almal se behoeftes te voorsien. Wanneer daar nie ‘n omroeper op die lug is nie speel ons auto dj die mooiste musiek.

Springbok Internet Radio word wêreldwyd uitgesaai. Ons omroepers woon regoor die wêreld . Die stasie behoort aan drie eienaars nl. Len Nissen , Wilna Nissen en  Danie Vermeulen.

Indien enige iemand die bestuur wil kontak is u welkom om ‘n e-pos te stuur na: info@springbokinternetradio.co.za

Ons is ‘n stasie met Christelike waardes wat ten alle tye poog om ons luisteraars gelukkig te hou en n hoë standaad te handhaaf. As radiostasie wil ons mense graag nader aan mekaar bring en sodoende die woord van die Here ook versprei. Ons gesels ook met kunstenaars en stel hulle musiek bekend aan ons luisteraars. Ons het ook ‘n kletskamer   (Springbok IRC ) op facebook waar ons almal heerlik saam kuier en die omroepers interaktief met die luisteraars is terwyl hulle uitsaai.

Springbok Internet Radio het in 2015 verskeie buite uitsendings asook ‘n fondsinsameling fees vir liefdadigheid gehou en wil sover moontlik betrokke wees by die gemeenskap. Ons as radiostasie wil graag poog om dit ‘n jaarlikse instelling te maak. Ons het ook ‘n bemarkingspan en enige iemand is welkom om ons te kontak vir advertensies.

Indien enige iemand belangstel stuur ‘n e pos na: bemarking@springbokinternetradio.co.za

In 2018 Ontvang Springbok internet Radio die SACMAF toekenning vir die beste internet Radio stasie.  Vir ons as internet radio het dit baie beteken aangesien ons almal hard werk om ‘n sukses van die stasie te maak

In Januarie 2020 tree 2 van die bestuurslede af en word die radio uitsluitlik aan Danie Vermeulen oorgegee. Wilna en Len tree af om rustiger te raak .

Met die hulp van die Here glo ons dat  die stasie nog hoër hoogtes gaan bereik.